Elmic Beefmasters, story of a Freestate farm.


Elmic Beefmasters is situated in the highlands of the Eastern Freestate. This is ideal cattle breeding country. Our philosophy is natural management of veld grass for animal production. We believe that animals must have enough water and grass and be totally adapted to nature, from:

Ice cold snow to the heat of a summer

ImageDescription

We are in a high rainfall grassland area. Balance and harmony is what makes a success story.


ImageDescription


Vriende,

Dit is lekker om weer met julle te gesels, net jammer dat dit nou die tyd is dat veepryse baie onder druk is na die hoogtepunte van verlede jaar. Hierdie tyd tussen Februarie en April is egter histories ‘n slegte tyd, want die nuwe seisoen se speenkalwers en die “background” kalwers kom nou op dieselfde tyd in die mark. Veral in die stygende mark het baie boere hulle kalwers teruggehou om maaksimum gewig op te sit. Die Kersseisoen aankope van vleis en drank was die hoogste ooit en dit veroorsaak ook ‘n markaanpassing, maar teen einde April behoort dit uitgewis te wees. Ons hoop net vir goeie reën sodat die somer se groei op ‘n hoogtepunt kan eindig.

Die bulle wat vanjaar in die toets was het baie goed deurgekom en lyk besonder mooi. , maar ek begin agterkom dat beweeglikheid in diere ‘n groter en groter rol gaan speel, veral in jou bulle. Een van die belangrikste resultate wat uitkom uit hierdie staptoets, is op te bepaal watter bulle vry-vloeiende beweging het en gemaklik in ‘n reguit lyn vorentoe beweeg. Dit skakel blad-, been-, knie- en kootgewrigsprobleme uit. ‘n Oorbespierde of dubbelbespierde dier of ‘n dier met ‘n swak agterkwart sal ook nie die toets kan slaag nie. ‘n Beweeglike dier sal baie makliker vroulike diere beset kry en homself oppas in die proses. Lees verder